Grondstowwe by die siklus van seisoene
Herfs
Die Pieke wissel in ’n
kwepergloed
wat appels en die laaste druiwe voed;
die wingerde verroes tot rooi pontak
terwyl uit eikebome
koperblare sak.
Die bye en jangroentjies steek suikerkanne
en kerse van die populiere brand. Ontspanne
drink jy vonkelwyn
en koer: op die dak
lê reeds die rye boerpampoene weggepak.
Nou met brokkolie, blomkool en sampioene
spriet ’n
dieper drif en soet uit suurlemoene;
jy smul aan borriepatats en, gesmoor of gerook,
voel jy in jou die eerste snoek wat loop.
D J Opperman
1979
Herfskuns deur Wilko Roon
Wilko en sy broers is al van babatyd af groot vriende met my seun Gawie.
Kliek op die skakel om meer te wete te kom van hierdie interessante man.