Dit stap aan winter toe...

Soos dit kouer word, raak 'n mens lus vir iets meer substansieel as 'n slaaitjie en begin visioene sien van 'n glasie rooiwyn by 'n kaggelvuur. 

Hier volg dus 'n paar resepte wat hopelik die gaatjies sal vul.

RSG se "Brekfis met Derrich" se melkkos met droë vrugte

Vrugte

85g rosyne

60g droë appelkose

80g gedroogde vye

100g pruimedante

1 kaneelstokkie

1 kruinaeltjie

1 rooibosteesakkie

2 steranys

100g bruinsuiker

Melkkos

120g koekmeelblom

Knippie sout

Knippie fyn kaneel

1 tl bakpoeier

2 el botter

2 liter melk

 Metode vir gaarmaak van vrugte

Plaas al die bestanddele in ‘n kastrol en bedek met water.

Prut oor ‘n lae hitte vir 20 minute of todat vrugte gehidreer is en die vloeistof ‘n stroop gevorm het.

Verwyder die teesakkie

Metode vir gaarmaak van melkkos

Plaas droë bestanddele in ‘n mengbak

Vryf botter met vingerpunte in meelmengsel  totdat dit soos fyn broodkrummels lyk

Verhit melk in kastrol

Klits droë bestanddele by

Prut vir 20 minute en roer nou en dan

Sprinkel met kaneelsuiker

Bedien warm met gestoofde vrugte

 

Roosmarynbroodjie

'n Mens kry maklik twee sulke broodjies uit een bol deeg. Bai ekonomies R10.99 per bol by Checkers.

1 kg klaar aangemaakte brooddeeg (SPAR)

Paar takkies vars roosmaryn

1 ronde skyf fetakaas

Gemarineerde (in olie) songedroogde tamaties

Olywe in skyfies gesny

1 tl fyngedrukte knoffel

Metode

Verdeel deeg in twee ewe groot dele

Vorm twee olyfvormige broodjies

Laat rys vir een uur

Knie af

Sny vier kepe in deeg

Marineer met tamaties, olywe en knoffel

Krummel fetakaas oor

Versier met roosmaryn takkies

Bedruip broodjie met olie van tamaties

Bak by 200°C tot bruin en gaar  

 

Biefskenkelpastei

My ma sou nou gekla het dat ek nie eers die bak se kante afgevee het voor ek die foto geneem het nie, so ekskuus daarvoor.

Biefskenkelpastei

2kg biefskenkel (soft shin)

100 ml kookolie

3 uie (fyngekap)

1 tl fyngemaakte knoffel of so 3 knoffelhuisies

10 swart peperkorrels

15 ml sout

3 biefkerrie blokkies

3 lourierblare

6 klein aartappels saggekook

1 el rooi asyn

Metode vir gaarmaak van vleis

Braai uie in olie tot glaserig

Haal uie uit en verbruin vleis

Voeg res van die bestanddele by (net twee blokkies)

Kook vleis tot sag en sny fyn

Proe – as nog sout kort voeg ekstra blokkie by

Sit vleis in pasteibak (sorg dat daar bierjie sous by is)

Sny aartappels in groterige blokkies en meng met vleis

Lopie kors

1 el botter

4 el meelblom

2t bakpoeier

Knippie sout

1 eier

½ k melk

Uieringe vir versiering

Metode om kors aan te maak

Vryf botter in meel met sout totdat dit lyk soos krummels

Voeg eier by en meng tot stywe pasta

Meng melk bietjie vir bietjie by tot dik loperige deeg vorm

Drup bo-op pastei

Versier met ‘n paar rou uieringe

Bak by 200°C vir 20 tot 30 minute tot geelbruin bo-op en gestol

Kors aangepas vanaf  “VInnige pasteikors” uit “Kook en geniet”.

Verwyder bene en plaas vleis in pasteibak

 

Spar se boerewors onder 'n kombersie

Spar se boerewors onder 'n kombersie - nie so ryk en ongesond soos skilferkors

500 g SPAR boerewors

  • ·        ½ a 410 g can SPAR tomato onion mix
  • ·        250 ml SPAR fresh milk
  • ·        120 g (250 ml) SPAR cake flour
  • ·        100 g (250 ml) SPAR grated cheddar cheese
  • ·        1 large SPAR egg
  • ·        5 ml mixed dried herbs
  • ·        2 ml salt
  • ·        5 ml baking powder

Method

1.      Preheat oven to 180 ºC.

2.      Brown the boerewors in a frying pan over moderate heat, without cutting it (keep in the spiral shape it came packed in. Add the tomato onion mix and heat through. Transfer into a pie dish.

3.      In a bowl, mix the remaining ingredients to make a batter resembling pancake mixture. Pour over evenly to cover the boerewors. Bake in preheated oven for 30 minutes.

4.      Serve with microwaved FRESH LINE steamed vegetables (follow the easy on-pack instructions)