Mila

Toe Mila, die nuweling in die familie, onlangs gebore is, het haar handjies mens dadelik opgeval - sulke mooi laaaang vingertjies vir 'n baba.

Dit het my laat dink aan die Franse beeldhouer, Rodin, se pragtige beelde van hande.  

Toe ons in matriek was, het ons skool na 'n rondreisende uitstalling van sy werk gaan kyk in Kaapstad, en die bekende beeld van die twee hande wat so om mekaar vou, het mens dadelik opgeval.

Op soek na 'n foto van die beeld op die Internet, kom ek toe op die interessantste "Youtube'-greep af. 

Die Universiteit van Stanford in die VSA beskik oor 'n besondere versameling van sy werke, waar onder heelwat van spesifieke liggaamsdele soos hande, arms en torsos.  

Een van die dosente by die Medieseskool het agtergekom dat van die beelde van verwronge hande, op siektetoestande dui wat Rodin se modelle gehad het toe hulle vir hom poseer het.  Hy gebruik nou hierdie beelde as deel van die opleiding van die studente.  Kyk na die fasinerende video daaroor hier onder.

Universiteit van Stanford

Interessant nê? 

Maar hande speel ook 'n rol in musiek, veral in gewyde musiek. 

Luister bietjie na die volgende opnames:

"Bist Du Bei Mir", gesing deur die Priests

Elvis sing "Take my hand, precious Lord"

En vIr my die heel mooiste: "So nimm denn meine Hande", Friedrich Silcher