Kosmostyd

Foto deur Marietjie le Roux

Wat is 'n Hoëveldse herfs tog nou sonder kosmos?  Die lieflike blomme wat hulself saai, groei sonder dat hulle ooit gepamperlang hoef te word en soveel plesier verskaf aan almal wat hulle raaksien!

Volgens oorlewering het die saad saam met die kakies se perdevoer  in die land gekom.  Dis glo ook die rede hoekom hulle so welig, hoofsaaklik langs die paaie hier op die Hoëveld, groei. 

 

 

Kyk bietjie hoe gemaak as jy hulle self wil verf...

Maar hulle is skynbaar ook in Korea bekend.