Die paaseier der eiers!
Soos ons almal weet is Paasfees baie groot onder die Oosterse Ortodokse kerke - eintlik belangriker vir hulle as Kersfees.
In die Russiese Ortodoksekerk bestaan daar 'n gewoonte om eiers pragtig te versier, dit dan kerk toe te neem en as geskenke vir familie en vriende te gee.
Tsar Alexander 111 het dit nog 'n entjie verder gevoer - het die Franse firma Fabergé opdrag gegeee om vir sy vrou, Marie Fedorovna in 1885 'n meer blywende geskenk te gee, nl 'n eier uit enamel met juwele versier.
Maar hef-aan het nog voorgelê, van toe af was dit 'n wedywering om elke jaar 'n mooier eier te kon gee - gelukkige tsarina!
Kliek op die skakel om meer oor die Fabergé-eiers te wete te kom.
http://www.faberge.com/news/49-imperialeggs.aspx