Herfskleure hier by ons

Populierbome in die herfs.

Herfs was van kleins af vir my die mooiste seisoen - die populiere in die Vrystaat met hul sagte geel en roesbruin blare, en die herfswingerde in die Boland. 

Foto deur Manazita Bosch

Later jare, op pad na Polokwane, die herfskleure van die mopaniebome teen die heuwels langs die pad, en by Mopanie- en Olifantskamp in die Kruger Wildtuin.

Engeland

Park by Russel Square, London.

Die heel eerste keer wat ek London gesien het, was in die laat herfs.  

Ek het die ogeend so 06:30 geland op Heathrow en ek het so met ligdag van die moltrein afgeklim by Russel Squarestasie.  

As jy buite kom, kyk jy direk op die park, so 'n blok verder.

DIT WAS LIEFDE MET DIE EERSTE OOGOPSLAG!

O, die parkie is mooi.  Die sagte lig wat so gewild is by skilders, en elke seisoen met 'n skoonheid van sy eie. Kan vir ure daar sit en net kyk en kyk na die bome en die fonteine.

Ek en Susan, my dogter, het 'n motor gehuur en vanaf die suide van Engeland tot bo in Skotland gery, deur Cumbria, die meredistrik.

DIt het die heeltyd gedrup-drup, en die watervalletjies en stroompies wat jy orals lang die pad kry, het sterk begin loop. 

En elke ou dorpie het sy klein teeplekkies, soms aan 'n privaat woning, waar jy die heerlikste brosbrood (short bread), sop en vars gebakte brood te ete kry.  Heerlik om met die plaaslike inwoners te gesels.

Herfs in Skandinawië en Rusland

Peterhof, die Tsars se somerpaleis naby St Petersburg.

Ek was gelukkig om verlede jaar 'n boottoer op die Baltiesesee te kon meemaak.

DIt was eintlik nog vroeg in die herfs, maar die bome het al sterk verkleur en van die besighede het al gesluit vir die winter.

Kopenhagen

Porvoo, 'n klein dorpie in Finland.

Stockholm

Tallin in Estonia

Wenslys

Kanada

Die kersie op die koek wat herfs aan betref, moet sekerlik Kanada en dele van die VSA soos New England wees.  Dis of die bome daar 'n diepte van kleur kry wat mens nie hier of in Europa sien nie.

Daar bestaan mos 'n gelofie dat mens kwansuis die stad Rome moet sien voor jy doodgaan.  Was self nog nie daar nie, maar begin al hoe meer wegskram van museums en die prag en praal skat van Europa.  

Wil liewer sien hoe die mense en plante lyk en die plekke se kos beproef.

So om Rome te sien, is maar lagerig op my wenslys, en New England of Kanada in die herfs, heel bo.

Kanada

Kanada

Kanada

New England, VSA