Speculaas
- Baktyd: 12 minute
- Lewer so 48 koekies
- Voorbereidingstyd: 20 minute
1 k sagte botter
2 tl vanieljegeursel
1 k wit suiker
1/1/4 k bruinsuiker
2 groot eiers
3 1/2 k meelblom
2 tl koeksoda
2 1/2 el speculaas speserymengsel
1 tl sout
Speculaas speserymengsel
8 tl kaneel
2 tl neutmuskaat
2 tl fyn naeltjies
1 tl wit peper
1 tl fyn gemmer
1 tl kardamompoeier
1 tl gemengde speserye
(Hierdie spesifieke kombinasie van speserye is al in gebruik sedert die 15e eeu.)
- Voorverhit oond tot 170°C
- Room die vanielje, botter en al die suiker tot romerig
- Voeg beide eiers by en meng goed
- Meng al die droë bestanddele en voeg dit dan stadig by die bottermengsel en klop tot die deeg van die kante van die bak af loskom
- Verdeel die deeg in drie gelyke dele, draai toe in plastiek en verkoel in yskas vir ten minste een uur
- Rol baie dun uit druk vormpies uit
- Bak vir so 10 na 15 minute tot gaar en bruin
- Laat afkoel op ‘n koelrak
Resep van Dutchbakersdaughter
Papawersaad-brosbrood uit Rusland
250ml sagte botter
125ml strooisuiker
5 ml vanielje ekstrak
1 ml sout
500ml koekmeel
80ml papawersaad
- Verwerk botter, suiker en geursel in ‘n voedselverwerker
- Voeg sout en meel by
- Pols ‘n paar keer tot byna gemeng
- Voeg papawersaad by en werk deur tot ‘n deeg vorm
- Draai deeg in kleefplastiek toe en laat rus in die yskas vir 30 minute
- Voorverhit oond tot 180° C
- Voer bakplaat uit met bakpapier
- Rol die deeg uit tot so 4mm dik op ‘n meelbestrooide oppervlak
- Druk vorms uit en bak vir 15 minute tot ligbruin
- Los koekies ‘n rukkie in die pan – dit sal nog sag wees
- Laat verder afkoek op droograk
- Bestuif met versiersuiker voor bediening
Resep van “Landbou.com”
Appeljaffles met karamelsous
Ons ken dit as “snackwiches”. Het deur die jare miljuisende “snakwiches” gemaak, maar almal met ‘n soutvulsel. Hierdie soet appelvulsel is op “Australian Masterchef” gemaak. Jy moet dit probeer. Ek het sommer bruin brood gebruik – dit vorm ‘n heerlike broskorsie.
1 blik tertappels
15 ml brandewyn
125 ml rosyne
Knippie sout
- Kook alles saam tot sag
Paar spekulaasbeskuitjies, gebreek
Suiker, kaneel en gemengde speserye na smaak. Onthou die karamelsous is baie soet.
- Maak die broodjies soos gewoonlik in jou ”snakwich” masjientjie
- Bedien met karamelsous
Herman Lensing se karamelsous
200g witsuiker
100ml water
50g botter
Knippie sout
125ml room
- Verhit die suiker in die water en klits met ‘n draadklitser tot die suiker opgelos is
- Bring tot kookpunt en laat vinnig kook (sonder om te roer), tot ‘n goue karamel vorm
- MOENIE DIE SOUS ROER NA DIE SUIKER OPGELOS HET NIE
- Verwyder van die hitte en voeg botter by.
- BEWEEG DIE POT STADIG HEEN EN WEER TOT DIE BOTTER GESMELT HET. MOENIE DIT ROER NIE!
- Voeg room by. NOU KAN JY DIE MENGSEL NA HARTERLUS ROER met ‘n draadklitser tot ‘n gladde karamelsous.
- Eet en geniet :0)
Brosbrood met aarbei
Brosbrood met aarbei
500g botter, in blokkies gesny
100g meel
100g suiker
1 eier
8 aarbeie in dun skyfies gesny
4 tl strooisuiker
32g versiersuiker
1 tl suurlemoensap
- Voorverhit oond tot 180° C
- Voer rolkoekpan uit met bakpapier
- Meng botter, meel en suiker
- Vryf die botter in die meelmengsel met die punte van jou vingers tot die mengsel soos krummels lyk
- Voeg eier by en meng deeglik
- Vorm die deeg in ‘n silinder, sny sirkels af, drukelke koekie plat met jou handpalm en sit op bakplaat
- Plaas in yskas vir een uur
- Sny kepies op elke beskuitjie (score) met ‘n mes
- Plaas twee aarbeiestukkies op elk
- Besprinkel elke koekie met stooisuiker
- Bak vir 15 minute to goudbruin
- Laat afkoel
- Versiersel: Meng versiersuiker en suurlemoensap tot glad en bedruip (drizzle) koekies daarmee
Maak die koekies op die dag waaarop jy dit wil bedien – die aarbei is geneig om die brosbrood pap te maak.
Resep van “Taste Magazine”, van Woolworths
Grondboon-en pretzelstafies
Voorverhit oond tot 180°C
Brosbroodbasis
250g sagte botter
200g strooisuiker
320g koekmeelblom
50g mielieblom
Bolaag
2 blikke kondensmelk
120g botter
60ml gouestroop
400ml pretzels
250g geroosterde, gesoute grondbone
Basis
- Klits botter en suiker saam tot romerig
- Vou die meelblom en mielieblom in tot ‘n droë mengsel vorm
- Smeer ‘n rolkoekkoekpan en voer uit met bakpapier
- Druk die mengsel op die bakplaat vas
- Maak gelyk met ‘n eierspaan
- Bak vir 20 minute tot goudbruin en deurgaar
Bolaag
- Meng kondensmelk, gouestroop en botter in ‘n kastrol
- Roero or matige hitte tot die mengsel ‘n goudkleur kry
- Toets of die toffiemengsel gereed is deur ‘n bietjie van die mengsel in koue water te drup. Dit is reg as dit ‘n ferm bolletjie vorm.
- Verwyder van die hitte en smeer die toffiemengsel oor die basis
- Sprinkel die pretzels en neute oor en druk dit stewig vas
- Laat goed afkoel en sny in stafies
Die resep sê jy moet die koekies in ‘n lugdigte houer bêre tot jy dit wil verpak vir ‘n geskenk, maar glo my dit gaan opwees lank voor die verpakkingstadium – heeeltemal te lekker om weg te gee :0)
Resep uit “Idees” van November 2016.
Vinnige vetkoekies met rosyne
3 ½ k meelblom
1 el bakpoeier
1 tl sout
1 tl fyn gemmer
3 eiers
1 k suiker
1½ k dikmelk, karringmelk of melk
2k pitkose rosyne
1 tl vanieljegeursel
Olie vir diepbraai
Kaneelsuiker
- Sif die meel, bakpoeier, sout en gemmer saam
- Klits die eiers en die suiker goed saam in ‘n aparte bak. Gooi melk by en klits verder
- Voeg die meelmengsel by en meng goed
- Vou die rosyne en vanieljegeursel in en meng deeglik
- Verhit die olie in ‘n kastrol en skep teelepels vol van die deeg in die warm olie
- Diepbraai tot goudbruin
- Dreineer op ‘n papierhanddoek
- Strooi kaneelsuiker oor voor bediening
Hartskombuis. Boerekos van die Anglo-Boereoorlog tot vandag
Moussaka fillopasteitjies
Fillobakkie
Fillodeeg
Gesmelte botter
Kwassie
- Sny vierkante van die deeg, om ruim in jou muffinpan se holtes te pas, met randte wat oorhang
- Gebruik vier velletjies vir elke pasteitjie
- Verf die lae met gemelte botter
- Pak in ‘n blomvorm in die muffinholtes
- Bak vir so 10 minute by 180°C tot goudbruin
Eiervrug
1 groot eiervrug
- Sny eiervrug in repe en verwyder die skil
- Besprinkel met olyfolie en sout
- Bak in die oond tot sag – so 30-40 minute
Moussaka
1 Groot ui
Olyfolie vir die braai van die uie en vleis
500g maalvleis
2 el gekapte vars kruie soos koljander, pietersielie en salie
1 tl vinkelsaad
1 tl komynsaad
1/2t kaneel
1 tl droë rissiestukkies
5 knoffelttoontjies, fyngekap
Sap van een suurlemoen
125 ml rooiwyn
1 vleisaftreksel blokkie opgelos in 1 liter kookwater
2 k dik witsous
1 k gerasperde cheddarkaas
- Sny ui in skyfies en braai in olyfolie tot sag en deurskynend, voeg nou die knoffel by en braai verder vir een minuut
- Rooster die komyn en vinkelsaadjies in ‘n droë pan tot jy die aroma begin ruik
- Braai nou die vleis saam met die ui, saadjies en vars kruie tot die vleis verbruin en sonder klonte is
- Voeg die kaneel en suurlemoensap by, asook vleisaftreksel en wyn
- Kook tot gaar en sous amper weggekook het
- Pak ‘n lagie vleis in elke fillobakkie, dan ‘n lagie eiervrug en eindig met ‘n vleislaag
- Skep van die witsous oor die vleis en besprinkel met gerasperde kaas
- Bak so 10 minute by 180°C tot goudbruin
- Hou die bakkies fyn dop, dit brand maklik
Sampioenmousse
Balsamiese reduksie
1k balsamiese asyn
- Verhit die asyn stadig en kook op medium hitte tot dik en stroperig
- Laat goed koud word
Sampioenmousse
2 k gekapte rou sampioene
2½ el botter
1 medium fyngesnyde ui
60ml room
Sout en peper na smaak
Beskuitjies of roosterbroodjies vir bediening
- Smelt 1½ el van die botter oor medium hitte
- Braai die sampioene in die botter vir so 5 minute tot sag
- Roer nou en dan
- Gooi in ‘n mengbak en verpulp mbv ‘n stokklitser
- Smelt die res van die botter in dieselfde pan
- Braai in dei botter tot sag en deurskynend
- Verpulp dsaam met die smpieoen
- Voeg sout en peper by na smaak
- Bedien warm met die basamiese stroop op sout beskuitjies od stukkies roosterbrood
Kerverrassingskoek vir kiddies.
Meeste kinders is nie mal oor vrugtekoeke nie.
Maak 'n plan - bak hulle gunsteling koek in twee lae. Hol die onderste laag uit, maar behou so 'n 2cm brëe ring rondom, asook op die bodem.
VUl die holte op met smarties,
jellieboontjies en ander helderkleurige lekkertjies.
Smeer versiersel tussen die lae en versier koek verder.
Wanneer die koek gesny word, loop die lekkertjies uit.
Geniet.
Hoenderlewerpatee
500g hoenderlewers
1 medium ui (fyngekap)
½ tl gekapte knoffel
30 ml brandewyn
Fyn naeltjies
Gedroogde bosbessies (cranberries), okkerneute en fyn blaartjies vir garnering
Knippie sout en peper
Vars gerasperde neutmuskaat
1 Braai ui tot deurskynend en voeg dan lewertjies by. Braai tot gaar maar nog
effens pienk.
2 Voeg brandewyn by en verwyder van die stoofplaat.
3 Maak lewertjies fyn en geur met sout, naeltjies en rasper dan neutmuskaat oor.
As die patee vir jou te vaal lyk, voeg 'n lepeltjie rooiwyn by. Mmm.
4 Skep in klein bakkies, of espresso koppietjies.
5 Smelt ‘n paar eetlepels botter en gooi ‘n dun lagie oor patee (as jy wil).
6 Bedien op fyn snytjies geroosterde soetsuurdeegbrood (bruschettas).