'n Stukkende orrel bring "Stille nag"

St Nicolaskerk in Oberndorf, Oostenryk

“Stille nag” - die bekendste en geliefdste  kerslied van alle tye.

Woorde deur Joseph Mohr, ‘n assistant-priester by die St Nicolaskerk in Obendorf, Oostenryk.

Mohr moes die diens op Kersdag 1818 waarneem, net om op die 24e te verneem dat die orrel buite aksie is. 

Hoogs teleurgesteld, besluit hy om dan maar die woorde vir ‘n nuwe kerslied te probeer skryf wat die koor nog gou kon inoefen en met kitaarbegeleiding tydens die diens sou kon uitvoer.

Inderhaas neem hy die woorde na Franz Gruber, die orrelis en skoolmeester, by ‘n nabygelëe dorpie, Arnsdorf.  Dié het gou ‘n melodie by die woorde gesit en om middernag, Kersdag 1818, is die lied vir die eerste keer uitgevoer.

Die Engelse weergawe word  in 1859 gepubliseer.

Mohr en Gruber

Die oudste partituur van die lied wat behoue gebly he

Geddenkvenster wat later aangebring is.

Die skuldige orrel.