Sjokoladekaaskoek paaseier
2 sjokolade paaseiers
1 blik kondensmelk
1 houer roomkaas
sap van twee suurlemoene
1/2 veselperske
2 frambose
Klits kondensmelk, suurlemoensap en roomkaas deeglik saam.
Sit elke eier in 'n koppie om dit regop te hou
Breek die top van die eier af, soos met 'n gekookte eier
Skep die kondensmelkmengsel in 'n spuitsak en spuit elke eier vol tot bo
Plaas in yskas om te stol
Verpulp die veselperske en frambose om soos eiergeel te lyk
Skep versigtig 'n ronde gat in die "eierwit" en vul met die geel mengsel
Ligte gemmerkoekies
125g sagte botter
1 eier, geklits
250ml bruinsuiker
125ml gouestroop
350g meelblom, gesif
5 ml koeksoda
5 ml gemmerpoeier
5 ml kaneel
5 ml gemengde speserye
- Klits saam die botter, eiers, suiker en stroop to goed gemeng en romerig
- Sif die droë bestanddele saam
- Voeg by die bottermengsel en klop tot ‘n sagyte deeg gevorm word
- Skep teelepelsvol op ‘n bakplaat – druk dit plat of gebruik ‘n koekiedruk masjientjie
- Bak by 180°C vir 12 tot 15 minute tot bruin en gaar
- Laat afkoek op ‘n draadrak
Versiering
100g gesifte versiersuiker
30g botter
2.5ml gemmer gemeng met 17.5 ml gouestroop
- Smelt suiker, botter en gemmer saam in ‘n pan en roer voortdurend. Laat goed afkoel.
- Plak twee koekies op mekaar met die versiermengsel
Resep van "The biscuitbook"
Franse eiervruggereg
2 medium eiervrugte
2 koppies oorskietvleis of vis
2 medium uie, fyngesny en gebraai tot sag en deurskynend – sout en peper
1 dl paprika
1 el tamatiepuree
4 el suurroom
- Sny die eiervrug in die lengte deur
- Maak kruis en dwars snytjies oor die oppervlakte, maar moenie deursny nie
- Besprinkel met sout en laat 30 minute staan om te sweet
- Bak by 180°C vir so 15 minute tot sag
- Skep die vleis van die eiervrug uit, meng met die res van die bestanddele behalwe die suurroom
- Skep in die eiervrugdoppe
- Skep 1 el suurroom bo op elke eiervrughelfte
- Bak by 180° C tot goudbruin – so 15 minute
Kurnik – Russiese hoenderpastei
1 hoender
2 uie, fyn gesny
1 blokkie hoenderekstrak
1 klein pakkie fyngesnyde sampioene
2 el fyngekapte salie of pietersielie
Sap en skil van een klein suurlemoen
1 el neutmuskaat
3 el mielieblom
2 el gekapte dille
1 koppie rys
4 hardgekookte eiers, fyn gekap en met die dille gemeng
- Braai die uie saam met die sampioene tot sag en gaar – so 10 minute lank
- Voeg die hoender, die hoenderekstrak en salie/pietersielie by en kook tot gaar
- Verwyder die vleis van die been, maar behou al die sous
- Kook die rys in 2 koppies van die sous tot gaar. Voeg nog kookwater by indien nodig
- Voeg die neutmuskaat, suurlemoensap en skil asook die mielieblom by die res van die sous en kook tot die sous verdik
- Voeg die hoenderstukkies by en kook deur tot warm
Kors
125 g sagte botter
125g suurroom
2 eiers
Knippie sout
200g meelblom
2 tl bakpoeier
- Klop die botter en suurroom saam
- Skei die wit en geel van die eier, en voeg die geel by
- Meng goed
- Voeg die droë bestanddele by en meng tot ‘n sagte deeg
- Draai in kleefplastiek toe en verkoel vir 30 minute in die yskas
- Pak ‘n laag rys in ‘n oondbak, dan ‘n laag hoender en strooi dan ‘n laag eier oor
- Eindig met ‘n laag rys
- Rol die deeg dun uit en bedek die vleismengsel daarmee
- Sny ‘n kruisie in die middel van die deeg vir die stoom om te ontsnap
- Klits die tweede eier effens met ‘n vurk en verf oor die deeg
- Bak by 180°C tot goudbruin en gaar
Resep van Jamie Oliver
Mississippi modderkoek
500 ml meelblom
1 ½ koppie strooisuiker
½ koppie bruinsuiker
¾ koppie donker kakaopoeier bv Antigua te koop by Woolies
2 tl bakpoeier
1½ tl koeksoda
¾ tl sout
¾ koppie olie
2 eiers
2 tl vanielje ekstrak
½ koppie melk
½ koppie suurroom
1 koppie kookwater
Versiersel
1 pak klein wit malvalekkers
125 ml botter
6 el melk
3 opgehoopte el kakaopoeier
1 tl vanielje ekstrak
3 k versiersuiker
- Voorverhit oond tot 180°C
- Voer ‘n koekpan met bakpapier uit en spuit met Spray ’n Cook
- Meng al die droë bestanddele saam
- Roer die res van die bestanddele by en meng deeglik
- Bak vir so 28 – 33 minute tot gaar
- Bedek die koek met die malvalekkers en bak vir nog so 3 minute tot effens opgepof en gesmelt
- Laat goed afkoel
Versiersel
- Smelt die botter in ;n kastrol
- Voeg melk en kakao by en klop goed
- Kook vir so 2 -3 minute terwyl jy die mengsel aanmekaar roer
- Verwyder van die hitte en roer vanielje en suiker by. Meng deeglik tot suiker gesmelt het
- Drup oor die koek en laat staan tot die versiersel geset het (so 30 minute)
Resep van Tastebetterfromscratch
Kaas-en uie beskuitjies
Voorverhit oond tot 190°C
500ml koekmeel
4 ml sout
2 ml rooipeper
1 pakkie wit uiesop
6 ml bakpoeier
120ml botter
300ml gerasperde kaas
2 eiergele
100ml yswater
- Sif die droë bestanddele, behalwe soppoeier
- Gooi soppoeier by
- Vryf die botter in die meel tot fyn krummels vorm
- Meng met die kaas
- Klits die eiergele saam met die yswater en sny in die meelmengsel om deeg te vorm (ek het meer as 100ml yswater nodig gehad)
- Verkoel vir 15 minute
- Rol dun uit en druk vormpies met ‘n koekiedrukker
- Bak vir 10 tot 12 minute by 190° C tot goudbruin
Resep van Boerekos.com
Sjokodadelballetjies
Nog gesond ook daarby:
250g dadels, fyn gesny en saggemaak in titsel kook water
100g fyn gekapte neute
20ml kakao
250ml fyn klapper
30ml heuning
- Meng alles saam, vorm bolletjies en rol in sesamesade.
Resep van “Jy het ‘n wenresep” op Viakanaal 147